BYBEL KARAKTERS

Die Wêreld van Jesus en die mense rondom Hom

Die wêreld wat aan bewind was toe Jesus Christus gebore is, was deur die Romeinse Ryk oorheers.  Die Keiser van Rome, Augustus Ceasar het in 27vC aan bewind gekom.  Augustus het “vrede” gehandhaaf en sy troepe was oral oor die land wyd versprei om te sorg dat vrede te alle tye heers.  Die Romeine het leiers wat gewild was of wat deur hulle goedgekeur was, oral aangestel.  Herodus die Grote was een van die leiers wat in Judea Romeinse steun geniet het.  So ‘n persoon wat deur die Romeine aangestel was oor ‘n gebied, was ‘n “prokurator” of “legaat” genoem.  Aangesien daar te veel romeinse soldate in Rome was, het hulle die oortollige soldate in kolonies gevestig in buiteposte.  Elke soldaat het sy eie klein stukkie grond wat aan hom toegeken was.  Romeinse burgerskap is aan hulle toegeken.  Hierdie kolonies was vuriglik lojaal teenoor Rome.  Romeine het na die Middellandse See as “ons see” (mare nostrum) verwys.  Skepe is gebruik om graan en ander artikels te vervoer deur skeepsroetes te beplan.  Gedurende wintertyd was dit te evaarlik om te seil, en het skepe vir maande in die hawe gelê.  Rome was ook bekend vir die gemaklike paaie wat hulle gemaak het regdeur die Ryk.  Romeine het die griekse lewensstyl aangemoedig en alhoewel opgevoede mense Latyn geken het, was Grieks die gebruikstaal van die Ryk.

Gedurende hierdie tyd was daar baie verskillende groep Jode wat dieselfde gelowe gehandhaaf het :

Opregte jode het die gesag van die Tora, of die Wet van Moses, en die offerandes in die tempel erken.  Maar verskillende groepe jode het uiteenlopende gedagtes gehad van hoe daagliks geleef moes word.

 Sadduseërs :

Hul was vermoedelik vernoem na die priester “Sadok” en het politieke mag gehad aangesien hul uit ‘n hoër klas priesterlike families gekom het.  Hul grootste lojaliteit was teenoor die Tora, die eerste vyf boeke van die Ou Testament, en hulle het slegs dié deel van die Skrif eerbiedig.  Hul het geen tradisies aanvaar nie, selfs nie die wat in die tyd rondom die Tora ontstaan het nie.  Hulle het alles verwerp wat hul nie as deel van die wet beskou het nie.  Die Sadduseërs glo nie in engele, duiwels, of reïnkarnasie nie.  Hulle het groot waarde geheg aan die offerandes in die tempel en die belangrikheid van priesterskap.  Hulle het ook nie waarde geheg aan die apokaliptiese voorspellings van die eindtyd nie, en het ook nie in die opstanding geglo nie.

     

Die Selote :

Hulle het dieselfde geloof as die Farriseërs aangehang, alhoewel hulle baie opstandig was (soos die Makkabeërs). Hulle was fanaties (rebellie) en het op ‘n slu manier probeer om van Rome ontslae te raak.  

(Selfs al sou dit ‘n bloedige geveg moes veroorsaak).  Hulle het God wel as hul enigste Meester erken.  Simon, een van Jesus se dissipels was voorheen ‘n Seloot.  Ook Barabbas, wat in plek van Jesus vrygelaat is, was uit hulle geledere.  Die Selote het wêreldgeskiedenis gemaak op Massada, 73nC.  Daarna het hul heeltemal van die toneel af verdwyn.

 

Farriseërs :

Hulle het uit die Hasidim van ‘n vroeër era gegroei.  Hulle was baie meer gewild as die Sadduseërs en was ook ‘n groter groep as hulle. Teen Jesus se tyd was hul ongeveer 6000 man sterk.  Sommige was voltydse studente van die Heilige Skrif en andere het gewerk.  Hulle was toegewy aan die Tora, maar het ook ander geskrifte erken wat die Sadduseërs verwerp het.  Farriseërs het daarna gestreef om volgens die wet te leef.  Hul het nie net geskrewe Wetsboeke aanvaar nie, maar ook die mondelinge “tradisie van die ouderlinge” ook.  Farriseërs het in engele geglo, sowel as in die opstanding en apokaliptiese voorspellings van ‘n komende ryk.  Die woord Fariseër beteken “afgesonderde een”.  Hulle het hul afgesonder van enige onreinheid en wou bo alles God se reëls eerbiedig.  Hulle was ook teen geweld gekant.

Skrifgeleerdes :

In meeste gevalle was skrifgeleerdes gebruik om ander se woorde neer te skryf.  Soos Esra het hulle naskrywers en vertolkers van die wet geword.  Teen Jesus se tyd was die Skrifgeleerdes “vertolkers” van die Wet.  Hulle het godsdienstige wette en burgerlandse wette bestudeer en besluite daaromtrent geneem – hierdie besluite het die “tradisie van die ouderlinge” geword. Elke skrifgeleerde het sy eie dissipels gehad en hulle was invloedryke mense, en meeste van hulle was lede van die Joodse Raad.

Sinagoge :

Sedert die dae van Koning Salomo was die tempel in Jerusalem die middelpunt van die Joodse godsdiens.  Jode in ballingskap kon nie die tempel bywoon om te aanbid nie, en as gevolg hiervan is Sinagoges as “vervanging” opgerig.  Die Sinagoge was ‘n eenvoudige gebou waar Jode bymekaar gekom het om te aanbid.  Dit was egter nie dieselfde as by die Tempel nie.  Daar was geen offerandes in Sinagoges gedoen nie.  Slegs die voorlees van die Tora, verduidelikings, besprekings en gebede was in Sinagoges gedoen.  Die Tora rolle is in ‘n spesiale kis bewaar en een keer per week voorgelees.  Mens kan amper sê ‘n Sinagoge van die Bybelse tyd sal ooreenstem met ‘n Kerkgebou van vandag (een keer per week).

Joodse Raad (Sanhedrin)

Die Joodse Raad het bestaan uit 70 lede en die Hoëpriester, wat die president of Voorsitter was.  Die Perse het aan die Jode die reg gegee om oor hul eie sake te regeer en die Joodse Raad was dus ‘n tipe “Hooggeregshof”.  Die raad het sy eie “polisiemag” gehad, en kon mense in hegtenis neem, verhoor, en uitsprake lewer.  Rome moes egter die uitsprake goedkeur alvorens straf toegedien was.

Daar was verder ook skoolonderrig en hofsittings gehou.  Sinagoges was dwarsoor Palestina opgerig (veral Na die Ballingskap), en elke stad buite die ryk waar genoeg Jode gehad het, het hul eie Sinagoge besit.

Sommige stede het verskeie Sinagoges gehad.  Sommige Jode het Hellinisme of die plaaslike kultuur eerder aanvaar as ander gelowe.  Jode het egter steeds na Jerusalem gereis gedurende jaarlikse feeste om diere-offers daar by die Tempel te maak.

….(to continue)….